{"product_id":"9781868044672","title":"Net voor die droogte my breek","description":"\u003cp\u003eDaar is ŉ swaarkry in ons land waarvan min die werklike omvang verstaan … veral diegene wat knus deur stede omvou word …\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eMaar reis jy net ŉ paar uur in amper enige rigting van hierdie stede waar water in jou naaste kraan is en jou middagete gerieflik op die naaste winkelrak wag, is dit soos ŉ ander wêreld … die verwoestende droogte wat mens en dier op hulle knieë het … stukkend, gebreek, letterlik sterwend, onmenslike verhale van verliese, sterwende diere en boere wat opgee, oppak en wonder of dit die moeite werd is om nog te lewe …\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eMaar, hier vind jy ook verhale van hoop … mense wat in ŉ gebroke wêreld opnuut uitreik na mekaar, konvooie voer wat aangery word van dele wat wel goeie reëns gehad het, iemand wat R10 afknyp om ŉ droogtehulpfonds te ondersteun - want vele tien rande maak dat daar brandstof is vir ŉ vragmotor om ŉ vrag geskenkte voer weg te neem. Verhale van droogte binne dié droogte … van siektes en seer en vashou aan Hoop ver bo menseverstand …\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDit is hierdie verhale wat Anoeschka gaan haal het op haar reis van Calvinia na Gamoep, tot amper by die Botswana grens oor Vanderbijlpark, Bultfontein om na Jansenville en Aberdeen en oorvertel word in Net voor die droogte my breek. Hierdie stories van hoop wat aan ander mense wat hulself ook in ŉ “droogte” bevind, hoop sal bring.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eNet voor die droogte my breek is 'n inspirerende boodskap uit die hart en mond van mense wat te midde van swaarkry met verwagting vorentoe beur.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Anoeschka+von+Meck\" class=\"contributor-link\"\u003eAnoeschka von Meck\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Anoeschka von Meck","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377032675491,"sku":"9781868044672","price":385.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781868044672_61d686c6-7233-4340-a3fd-4bb3f3bd8525.jpg?v=1776603368","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781868044672","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}