{"product_id":"9781868426416","title":"Die Staat vs. Oscar","description":"\u003cp\u003eDit het die land geruk, die wêreld geboei en sal in die geskiedenis bekendstaan as die opspraakwekkendste hofsaak tot nog toe in Suid-Afrika. Oscar Pistorius se moordverhoor is die storie van die dekade. Dis 'n liefdesverhaal wat 'n misdaadriller geword het, 'n sprokie wat in bloed geëindig het.\u003cbr\u003eEn dís hoe Marida Fitzpatrick die verhaal vertel. Sy weef die skrikwekkende gebeure van daardie noodlottige nag en die mees dramatiese hoofstukke van die verhoor op só 'n manier ineen dat dit soos 'n spanningsverhaal lees. Tussendeur dié boeiende vertelling is uittreksels uit onderhoude wat Fitzpatrick met van die betrokkenes se naastes gevoer het.\u003cbr\u003eSaam met al die menslike vertellings verskyn daar ook 'n interessante ontrafeling van die tegniese aspekte van die verhoor: Wat het die ballistiek, die getuienis oor die gille en Oscar se twee verwere uiteindelik vir hom beteken? \u003cbr\u003eDit word alles geïllustreer met treffende foto's wat op die toneel geneem is en grafiese voorstellings.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Marida+Fitzpatrick\" class=\"contributor-link\"\u003eMarida Fitzpatrick\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Marida Fitzpatrick","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375587770531,"sku":"9781868426416","price":200.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781868426416_d2a15bc6-044c-41a0-a28f-2d48e21f089b.jpg?v=1776604089","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781868426416","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}