{"product_id":"9781868427338","title":"Wintersrust","description":"\u003cp\u003e'n Familie bevind homself in twee geskeur wanneer hulle by die Anglo-Boereoorlog betrek word en 'n Boereseun teen sy Britse neef moet gaan baklei. Met die uitbreek van die oorlog word liefdes- en vriendskapsbande wat op die Transvaalse bosveld en in die sitkamers van Victoriaanse Engeland gesmee is, op die slagvelde van Suid-Afrika getoets.\u003cbr\u003eWanneer die eerste fase van die oorlog oorgaan in die guerrillafase en die vernietigende verskroeideaardebeleid geïmplementeer word, moet die twee nefies en hul sibbe moeilike keuses maak en alles op die spel plaas.\u003cbr\u003eWintersrust is 'n bruisende verhaal vol hartstog en avontuur. Dit handel oor individue wat worstel met magte buite hul beheer. Sommige word deur wanhoop oorweldig en oorleef nie. Ander kom uiteindelik by vrede en vergifnis uit. Ondanks hul woede en gevoel van verontregting ontdek die familie 'n mag wat sterker as die oorlog is.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Joyce+Kotze\" class=\"contributor-link\"\u003eJoyce Kotze\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Joyce Kotze","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375674605731,"sku":"9781868427338","price":290.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781868427338_ec7d53c9-a77f-4518-a603-fd48d34a94ec.jpg?v=1776604199","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781868427338","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}