{"product_id":"9781868427420","title":"Jan Smuts - Afrikaner Sonder Grense","description":"\u003cp\u003eJan Christiaan Smuts was 'n soldaat, staatsman, intellektueel en een van Suid-Afrika se grootste leiers. Tog word daar vandag min oor hom gepraat of geskryf, al beleef ons tans skynbaar 'n leierskapsvakuum.\u003cbr\u003eIn Jan Smuts: Afrikaner Sonder Grense voer Richard Steyn aan dat ons hierdie indrukwekkende kryger-staatsman se lewe en denke moet herbesoek, omdat daar soveel te leer is uit sy merkwaardige prestasies. Die hoogs leesbare verslag ondersoek onder meer Smuts se rol as politieke leier, as adviseur van wêreldleiers, sy spirituele en intellektuele lewe en sy verhoudings met vroue. Sy unieke bydraes op 'n verskeidenheid ander terreine, insluitend botanie, bewaring en filosofie, word ook bespreek.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eJan Smuts: Afrikaner Sonder Grense skram egter nie weg van die paradoksale in Smuts nie. Hoewel hy een van die argitekte van die Verenigde Nasies en 'n groot kampvegter vir menseregte was, kon hy nie so ver kom om die plaaslike swart meerderheid politieke regte te gun nie.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Richard+Steyn\" class=\"contributor-link\"\u003eRichard Steyn\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Richard Steyn","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375610642595,"sku":"9781868427420","price":270.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781868427420_2480f636-a371-445c-ab0d-048cd58341b5.jpg?v=1776604216","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781868427420","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}