{"product_id":"9781868427505","title":"Ratels aan die Lomba","description":"\u003cp\u003eOp 3 Oktober 1987 het Charlie-eskadron - die ystervuis van 61 Gemeganiseerde Bataljongroep - die kritieke geveg tussen die Suid-Afrikaanse Weermag en die Angolese magte op die Lombarivier in die suide van Angola gelei. Dié boek plaas die leser in die midde van die groep jong dienspligtiges wat na die Grensoorlog weggevoer is om hierdie geveg te gaan voer.\u003cbr\u003eOp die Lomba het hulle nie net te staan gekom teen 'n Angolese mag met 'n getalsoorwig en beter wapentuig nie, maar ook teen 'n terrein wat so dig bebos was dat hul sig en beweging aansienlik ingeperk is. Die SAW se taktiese doktrine het duidelik gestel dat tenks teen tenks aangewend moes word. Tog moes die dienspligtiges die Angolese tenks aanvat in pantservoertuie met minder kragtige kanonne en dun pantser wat nie veel meer as gewone geweervuur kon afweer nie. Steeds is 47 Brigade van die Angolese magte amper uitgewis tydens die geveg op die Lomba. Scholtz se beskrywing van hierdie David teen Goliath geveg neem die leser na die hart van die aksie.\u003cbr\u003eDanksy onderhoude met veterane en dagboekinskrywings dra hierdie eerlike, intense hervertelling die volle drama van die geveg oor. Dit is ook 'n diep menslike verhaal oor hoe individue reageer in die aangesig van die dood.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Leopold+Scholtz\" class=\"contributor-link\"\u003eLeopold Scholtz\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Leopold Scholtz","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375605825699,"sku":"9781868427505","price":295.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781868427505_e2cd6b0c-57d3-465c-9521-5d0799a8734a.jpg?v=1776604229","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781868427505","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}