{"product_id":"9781868427567","title":"Fortuine","description":"\u003cp\u003e'n Ongekende opkoms van Afrikaner-magnate het die Suid-Afrikaanse ekonomie die afgelope drie dekades gekenmerk. Dit is veral merkwaardig in die lig van die regering se omvattende program van swart ekonomiese bemagtiging.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eVandag ding talle van hulle internasionaal mee. Onder leiding van Koos Bekker het Naspers die Johannesburgse aandelebeurs begin domineer en is die mediagroep omvorm tot 'n internasionale beleggingshouergroep wat op e-handel en die internet fokus. Johann Rupert het Richemont in die naasgrootste groep in die mark vir luukse goedere gevestig, terwyl Christo Wiese en Whitey Basson onderskeidelik Pepkor en Shoprite tot Afrika se grootste kleinhandelgroepe in klerasie en voedsel uitgebou het.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eFortuine verduidelik hoe hierdie en ander sakeleiers, waaronder Jannie Mouton, Michiel le Roux, GT Ferreira, Laurie Dippenaar, Roelof Botha, Hendrik du Toit en 'n aantal megaboere, hul sakeryke tot stand gebring het. Dit beskryf hul lewens- en sakefilosofieë en wat van hulle sulke suksesvolle entrepreneurs maak.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn onlangse tye het die ineenstorting van Steinhoff Internasionaal, die meubelhandelaar met Markus Jooste aan die stuur, 'n groot hap uit sommige van hierdie fortuine geneem. Jooste is die fokus van een van die hoofstukke, terwyl dit in 'n ander op die filantropiese projekte van hierdie superrykes val.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Ebbe+Dommisse\" class=\"contributor-link\"\u003eEbbe Dommisse\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Ebbe Dommisse","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47523991945379,"sku":"9781868427567","price":350.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781868427567_7f363245-789e-4747-900d-5f2d8a6541e4.jpg?v=1776604242","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781868427567","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}