{"product_id":"9781868427581","title":"Witboy In Berlyn","description":"\u003cp\u003eToe sy vrou werk kry in Duitsland, besluit Deon Maas in ‟n oogwink om Berlyn toe te trek. In hierdie intellektueel stimulerende, dekadente stad voel hy hom op sekere maniere dadelik tuis - op ander nie. In die reis wat alle immigrante meemaak, ontdek hy meer oor homself en sy wortels terwyl hy sy voete in sy nuwe omgewing vind. Hy verwonder hom aan tipies Duitse gewoontes soos dat alle oorsese televisieprogramme (swak) oorgeklank word en dat die Duitsers hul sin vir ordelikheid op alles en almal afdwing. Op sy avonture ontmoet hy veganistiese anargiste, sokkerboewe, ‟n lid van ‟n satiriese Duitse politieke party en neem hy selfs aan ‟n protesoptog deel. Maas ontdek dat alles nie perfek werk in die Eerste Wêreld nie.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Deon+Maas\" class=\"contributor-link\"\u003eDeon Maas\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Deon Maas","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376888725667,"sku":"9781868427581","price":260.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781868427581_a3a133c8-869c-484b-b925-d826af9fc2b8.jpg?v=1776604247","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781868427581","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}