{"product_id":"9781868427826","title":"Oor Berge en Dale","description":"\u003cp\u003eDaar is nie 'n grondpad te sinkplaat, plaasdraad te hoog of aanwysings te gebrekkig om Jackie Grobler te keer nie. As hy eers 'n monument in sy visier het, sal hy dit vind. In hierdie boek reis hy Oor berge en dale van Lichtenburg in Noordwes tot die heuwels van Tabankulu in die Oos-Kaap op soek na interessante monumente en gedenkplekke.\u003cbr\u003eVan die monumente is bekend en vertel van groot keerpunte in ons geskiedenis. Ander is weggesteek en bring onbekende verhale in die lig. Grobler reis onder meer op die spoor van Voortrekker Carel Trichardt deur Mpumalanga en in KwaZulu-Natal gaan hy na die slagvelde van die Anglo-Zoeloeoorlog en hy besoek ook struggle-gedenkplekke. In Gauteng vind hy monumente ter ere van twee van Suid-Afrika se grootste leiers: Nelson Mandela en Jan Smuts.\u003cbr\u003eIn die Vrystaat soek hy na oorblyfsels van twee konsentrasiekampe en in Limpopo kom hy af op monumente aan 'n Anglo-Boereoorlogkanon (die Long Tom). Sy reise na die Oos-Kaap neem hom na gedenkplekke vir Steve Biko en in die Wes-Kaap gaan hy op die spoor van die Portugese ontdekkingsreisigers.\u003cbr\u003eElke provinsie sal 'n kaart hê wat die monumente aandui. 'n Boek vir liefhebbers van die langpad én vir leunstoelreisigers.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Jackie+Grobler\" class=\"contributor-link\"\u003eJackie Grobler\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Jackie Grobler","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375837495459,"sku":"9781868427826","price":230.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781868427826_66b61287-e197-4f06-847d-53dbcac734b7.jpg?v=1776604302","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781868427826","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}