{"product_id":"9781868428243","title":"My Ballerina Droom","description":"\u003cp\u003e'Ek loer deur die verhooggordyn en sien die entoesiastiese gehoor. Hulle wag vir die ballerina om te verskyn. Die musiek begin. My hart klop vinnig van al die opwinding en dan vlieg ek op die verhoog. Die ballerina is ek!'\u003cbr\u003eMichaela DePrince was 'n driejarige oorlogwesie in Sierra Leone toe sy op 'n dag 'n windverwaaide tydskrif optel met die foto van 'n glimlaggende ballerina op die voorblad. Daardie dag het haar obsessie met ballet begin. Sy het haarself daar en dan voorgeneem sy sou eendag ook so gelukkig soos die vrou op die foto wees.\u003cbr\u003eSy is kort daarna deur 'n Amerikaanse gesin aangeneem. Sy het egter nooit die foto van die ballerina vergeet nie. Toe haar nuwe ma bewus word van haar belangstelling in ballet het sy begin klasse neem.\u003cbr\u003eSedertdien het sy nog nooit ophou dans nie en vandag is sy 'n hoogs suksesvolle ballerina. 'n Storie wat enige jong meisie (of seun) sal inspireer om groot te droom.\u003cbr\u003e* Die boek is die geïllustreerde kinderboekuitgawe van DePrince se roerende memoir, Hope in a Ballet Shoe. Die kleurvolle illustrasies is deur Ella Okstad.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Michaela+DePrince\" class=\"contributor-link\"\u003eMichaela DePrince\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eIllustrator\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Illustrator+Ella+Okstad\" class=\"contributor-link\"\u003eElla Okstad\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Michaela DePrince","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375692726435,"sku":"9781868428243","price":120.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781868428243_a5b4fd01-6196-4473-86d7-64dc32bbb59c.jpg?v=1776604387","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781868428243","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}