{"product_id":"9781868428304","title":"Churchill \u0026 Smuts: Die Vriendskap","description":"\u003cp\u003eDie eiesoortige vriendskap tussen Winston Churchill en Jan Smuts is 'n studie in kontraste. In hul jeug het hulle uiteenlopende wêrelde bewoon: Churchill was die weerbarstige en energieke jong aristokraat; Smuts die asketiese, filosofiese Kaapse plaasseun, wat later aan Cambridge sou gaan studeer. Daar sou hy die eerste student word wat albei dele van die finale regskursus in dieselfde jaar neem en al twee met onderskeiding slaag.\u003cbr\u003eNadat hulle in die Anglo-Boereoorlog eers as vyande, en later in die Eerste Wêreldoorlog as bondgenote byeengebring is, het die mans 'n vriendskap gesmee wat oor die eerste helfte van die twintigste eeu gestrek het en tot Smuts se dood in 1950 voortgeduur het. Richard Steyn, die skrywer van Jan Smuts: Afrikaner sonder grense, bestudeer dié hegte vriendskap deur twee wêreldoorloë aan die hand van 'n magdom argiefstukke, briewe, telegramme en die omvangryke boeke wat oor albei mans geskryf is.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDit is 'n fassinerende verhaal oor twee besonderse individue in oorlog en vrede - die een die leier van 'n groot ryk, die ander die leier van 'n klein, weerspannige lid van daardie ryk.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Richard+Steyn\" class=\"contributor-link\"\u003eRichard Steyn\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Richard Steyn","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375844343971,"sku":"9781868428304","price":320.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781868428304_3f1ec512-c409-4cf6-a820-501ea29f502f.jpg?v=1776604391","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781868428304","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}