{"product_id":"9781868428403","title":"Hartebreker: Christiaan Barnard en die eerste hartoorplanting","description":"\u003cp\u003eVir die vroue wat hy met sy rolprentsterglimlag betower het, was Chris Barnard 'n hartebreker. Vir sy pasiënte 'n harteheler.\u003cbr\u003eDié nuwe biografie oor Suid-Afrika se beroemdste hartsjirurg vertel nie net van Barnard se kinderjare in Beaufort-Wes, sy prominente huwelike (en egskeidings) en flambojante lewe nie. James Styan ondersoek ook die impak van die historiese eerste hartoorplanting op Barnard se persoonlike lewe en op die Suid-Afrikaanse gemeenskap oor die algemeen, waar apartheidswetgewing dikwels die probleme van geneeskunde nog ingewikkelder gemaak het. Die rol van swart mediese personeel soos Hamilton Naki word bespreek, sowel as die intense wedywering wat tussen ander beroemde hartsjirurge en Barnard ontstaan het.\u003cbr\u003eHoe het Barnard dit reggekry om hulle almal in dié resies om lewe en dood te wen? Hoeveel het sy welbekende sjarme daarmee te doen gehad? En wat is Barnard se nalatenskap vandag, in die lig van sy latere suksesse en aansienlike mislukkings? Styan dek dit alles in dié fassinerende nuwe blik op Chris Barnard.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+James-Brent+Styan\" class=\"contributor-link\"\u003eJames-Brent Styan\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"James-Brent Styan","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375850700963,"sku":"9781868428403","price":280.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781868428403_ac22a464-bc62-4e0a-8a97-8dd79e9ecbb9.jpg?v=1776604404","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781868428403","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}