{"product_id":"9781868429981","title":"Die Belydenis","description":"\u003cp\u003eHeel eerste vertaling van 'n Jodi Picoult-roman in Afrikaans, hierdie is die vertaling van Plain Truth.\u003cbr\u003eDie ontdekking van 'n dooie baba in 'n skuur op 'n Amiese plaas in Amerika dreig om 'n jong vrou se lewe te verwoes.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOmstandigheidsgetuienis dui daarop dat die 18-jarige Katie Fisher, 'n ongetroude Amiese meisie wat glo die pasgeborene se ma is, vir die moord verantwoordelik is. Katie hou vol: sy het nie die baba vermoor nie. Terselfdertyd vlug Ellie Hathaway, 'n ontnugterde advokaat, na familie wat in dieselfde streek woon om haar kop skoon te maak. Haar tannie is verwant aan Katie en kort voor lank stem Ellie teensinnig in om Katie te verdedig.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eEllie word as Katie se toesighouer aangestel terwyl sy op borgtog is en moet boonop by die Fishers intrek. Om Katie te verdedig, moet Ellie haar nie net diep ingrawe in 'n wêreld wat radikaal van haar eie verskil nie, maar ook 'n manier vind om Katie volgens háár verwysingsraamwerk te verstaan. Wanneer 'n man uit haar verlede weer sy verskyning maak, word Ellie terselfdertyd gedwing om haar eie vrese en begeertes te konfronteer.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eUit die pen van die gewilde skrywer van My Sister's Keeper verskyn dié boeiende verhaal van twee vroue . . . en een geheim.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Jodi+Picoult\" class=\"contributor-link\"\u003eJodi Picoult\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Jodi Picoult","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377356226723,"sku":"9781868429981","price":295.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781868429981_b7ffe0f7-07bf-4df3-ae77-d3899bf2596c.jpg?v=1776604705","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781868429981","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}