{"product_id":"9781868552665","title":"Rigting: Woord of Tydsgees","description":"\u003cp\u003eDie lewensbeskoulike denke van ons tyd is ’n woelende vermenging van idees en invloede. Ten einde die huidige wydlopende lewensidees te orden, word die tydsgees in die rigtertyd ontleed. Dit is nie ’n blote voorbeeld of vergelyking nie. Die rigtergeskiedenis werp lig op die ontstaan en groei van ’n tydsgees en so dien dit as beligting vir idees en gebeure in ons lewe. Want dit openbaar Skrifwaarhede waarop steeds geldende beginsels gefundeer kan word. Dan bied dit ’n maatstaf waarteen die denke en dade, die tydsgees van ons tyd, gespieël kan word.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDaar is een deurlopende krag wat altyd in gedagte gehou moet word: die groot stryd tussen God en Satan. Die tydsgees is Satan se een magsmiddel waarmee hy sy mag op aarde wil vestig. Dit was die dryfveer van die tydsgees in die rigtertyd; dit is steeds die dryfveer in die moderne tydsgees. Want dit is die ewige groot stryd tussen die almagtige God en die magte van die duisternis.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOfskoon die tydsgees wêreldwyd kan uitkring, word in hierdie boek gefokus op die neerslag en invloed daarvan op Suid-Afrika en veral op ons Afrikanervolk.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Hendrik+van+der+Wateren\" class=\"contributor-link\"\u003eHendrik van der Wateren\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+SAAWK\" class=\"contributor-link\"\u003eSAAWK\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Hendrik van der Wateren,SAAWK","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47382893461667,"sku":"9781868552665","price":260.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781868552665_4982e925-7ee4-46ad-ade9-2d2669bb9048.jpg?v=1776604729","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781868552665","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}