{"product_id":"9781868631513","title":"Pythagoras Wiskunde Graad 8","description":"\u003cp\u003ePythagoras 8 is aanvullend tot die leerders se klaswerk en gewone handboek deurdat dit vir hulle die geleentheid bied om ekstra oefening te kry.  Die oefeninge sal hulle ook van groot waarde wees wanneer hulle hersiening doen ter voorbereiding van toetse en eksamens.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eElkeen van die vyf leeruitkomste en die onderafdelings, soos voorgeskryf in die KABV-dokument, word volledig in twee of meer modules gedek .  Elke module bestaan uit vier afdelings:\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e‘n Kort bespreking van die belangrikste teorie en tipiese voorbeelde.\u003cbr\u003eOefening A:  Hierdie oefening bestaan uit eenvoudiger probleme om kennis vas te lê\u003cbr\u003eOefening B:  Hierdie oefening bestaan uit meer ingewikkelde probleme om leerders se kennis te verbeter.\u003cbr\u003eToets:   Elke module sluit af met ‘n toets.  Leerders behoort vir hulle self ‘n tydsbeperking te stel wanneer hulle dit beantwoord..  ‘n Goeie maatstaf is 1 minuut vir elke punt.\u003cbr\u003eLet wel:  Sommige modules het ook ‘n Oefening C.  Dit is die modules wat baie inligting bevat en is bedoel om die werk ’n bietjie beter saam te vat en beter begrip te bewerkstellig.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie boek bestaan breedweg uit vier gedeeltes.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie kort bespreking, oefeninge (vrae) en toetse vir elkeen van die vyf leeruitkomste en onderafdelings vorm die eerste deel van die boek.\u003cbr\u003eDirek hierna volg drie volledige November-eksamenvraestelle.\u003cbr\u003eVolledige antwoorde vir al die oefeninge (vrae) en toetse (met puntetoewysing) volg na die November-eksamenvraestelle.\u003cbr\u003eNa die oefeninge en toetse se antwoorde volg die vraestelle se memorandums met puntetoekennings.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+FISICHEM\" class=\"contributor-link\"\u003eFISICHEM\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"FISICHEM","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47523874046115,"sku":"9781868631513","price":270.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781868631513_bd5d2a46-4d1e-41e2-8462-d520867b21a0.jpg?v=1776604773","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781868631513","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}