{"product_id":"9781868631575","title":"Pythagoras Wiskunde Graad 10","description":"\u003cp\u003eDie boek gee vir jou die geleentheid om baie ekstra oefening te kry en so jou begrip en vaardighede baie te verbeter. Dit is egter belangrik om te besef dat die boek is bedoel om aanvullend tot jou klaswerk en handboek te wees. Die ekstra oefeninge help jou egter om hersiening te doen en goed voor te berei vir toetse en eksamens.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eVier leeruitkomste van die graad 10 leerplan word in die boek gedek. Die leeruitkomste (LU) is soos volg:\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eLU 1: Getalle en Getalverwantskappe\u003cbr\u003eLU 2: Funksies en Algebra\u003cbr\u003eLU 3: Ruimte, Vorm en Meting\u003cbr\u003eLU 4: Datahantering en Waarskynlikheid\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie eerste helfte van die boek dek die 4 leeruitkomste in verskillende modules. Elke module bestaan uit:\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e'n “Onthou” gedeelte. Dit gee 'n oorsig van die vernaamste teorie en feite omtrent die onderwerp asook 'n paar uitgewerkte voorbeelde.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOefening A. Die oefening bestaan uit eenvoudiger probleme oor basiese kennis.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOefening B: Hierdie oefening bevat meer ingewikkelde probleme.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eToets: Elke module sluit met 'n toets af. Dit is 'n goeie geleentheid om jouself te toets. Die puntetoekenning word vir elke vraag in die toets verskaf.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie tweede helfte van die boek bevat die volledig uitgewerkte oplossings (antwoorde) vir elke probleem.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+FISICHEM\" class=\"contributor-link\"\u003eFISICHEM\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"FISICHEM","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47523872768163,"sku":"9781868631575","price":270.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781868631575_062bedde-7322-4294-9d83-a50fd366a94d.jpg?v=1776604803","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781868631575","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}