{"product_id":"9781868901326","title":"Pharos Glossary of Literary Terms","description":"\u003cp\u003eWat is die verskil tussen personifikasie en vermensliking? Waarom word die metafisiese digters só genoem? Is 'pow!' 'n goeie voorbeeld van klanknabootsing, wat is 'n chiasme, en watter soort beeldspraak is 'wind-hover' wanneer dit vir 'n hoogvlieënde voël gebruik word?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie bestudering en bespreking van literatuur word ondersteun deur 'n omvattende en oor die algemeen presiese tegniese woordeskat. Dié woordeskat bepaal die algemene omvang van hierdie boek. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie meeste tegnieke en eienskappe wat in Pharos Glossary of Literary Terms verskyn, verryk ons omgangstaal en word algemeen (al is dit dikwels onbewustelik) in alledaagse kommunikasie gebruik, in geskrewe sowel as gesproke taal. \u003cbr\u003e \u003cbr\u003eHierdie boek beskryf en illustreer die algemene tegnieke en eienskappe asook die stylelemente, organisering en aanbieding wat sorgvuldig beplande en doeltreffende kommunikasie op alle gebiede kenmerk. Dit is saamgestel om aan die behoeftes van sowel die akademiese student of onderwyser as die gewone gebruiker van Engels te voldoen.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDefinisies en kommentaar word toegelig met talle voorbeelde uit 'n wye verskeidenheid bronne, weer eens literêr sowel as informeel. Die kern en nuanses van konsepte soos dié word dikwels beter verstaan deur werklike voorbeelde - en baie daarvan - te ondersoek in plaas daarvan om iets wys te probeer word uit teoretiese definisies op hulle eie.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Hendry+Owen\" class=\"contributor-link\"\u003eHendry Owen\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Hendry Owen","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375694725283,"sku":"9781868901326","price":340.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781868901326_a40397da-6782-4d2d-bdef-f6e9014bc2f3.jpg?v=1776605145","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781868901326","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}