{"product_id":"9781868901760","title":"`n Dief aan die kers: Skelm woorde deur die eeue","description":"\u003cp\u003e\"Hierdie splinternuwe boek deur dr. Anton F. Prinsloo beskryf hoe die oorspronklike betekenisse van ongeveer 1 000 Afrikaanse woorde metterjare só verander het dat die betekenisse wat ons vandag ken, byna hoegenaamd nie sin maak nie.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eSo byvoorbeeld het die woord ambisie eeue gelede niks met 'n sterk strewe na sukses en vooruitgang te doen gehad nie. As iemand in daardie eeue ambisie gehad het, het dié persoon soos 'n bedelaar van huis tot huis geloop. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eEn die betekenis van die Nederlandse dyk was toentertyd allermins dié van 'hoë wal by die see om water uit te hou'. Die woord het juis nie na die wal vewys nie, maar na die sloot wat gegrawe is om grond te kry om die wal, wat die land teen die see moes beskerm, mee te bou.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eAs ons vandag van 'n kandidaat praat, sou ons nie dink dat dit iemand is wat 'n verpligte wit rok sou moes aanhê nie.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eVandag is 'n wurm vir ons 'n klein, kruipende diertjie. Toentertyd kon dié woord na 'n maaier, slang, skerpioen of draak verwys het. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDié boek verskil van 'n tradisionele boek oor die herkoms van woorde (die etimologie) deurdat dit net woorde behandel waarvan die betekenis erg prettig (en skelm) deur die tyd skeefgetrek is.\"\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Anton+F.+Prinsloo\" class=\"contributor-link\"\u003eAnton F. Prinsloo\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Anton F. Prinsloo","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375760457891,"sku":"9781868901760","price":260.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781868901760_000022e2-353d-44ee-8aa3-b87ab56e32ab.jpg?v=1776605149","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781868901760","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}