{"product_id":"9781869191481","title":"Verblyf","description":"\u003cp\u003eTwee susters, twee stede, twee kontinente. Helena en Nicolene staan albei voor die uitdaging om 'n nuwe verblyfplek, 'n hartsplek vir hulle en hulle geliefdes te skep.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn Pretoria voel Helena aanvanklik verlate. Haar twee kinders en haar tweede man swerf in die buiteland, haar suster is met haar gesin in Amerika gevestig. En op haar beurt worstel Nicolene en haar man, Jannie, met die werklikhede van emigrasie. Almal moes dinge agterlaat en moet nou probeer om iets te behou van die mense wat hulle vroeër was. Almal vind egter ook nuwe dinge en nuwe mense waaraan hulle geheg kan raak.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHierdie roman ondersoek die wydlopende uitwerking van verskillende soorte verhuisings op die verhoudings tussen mense. Dis 'n roman vir ons tyd; vir almal wat geliefdes in die buiteland het.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie uitsonderlike stempel van Murray-Theron se werk is die fyn net van menslike verbande tussen sensitief getekende karakters. ln Verblyf span sy daardie net ver oor die wêreld en vertel met buitengewone insig van Suid-Afrikaners in die vreemde en van hul naasbestaandes in die vaderland.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Erika+Murray-Theron\" class=\"contributor-link\"\u003eErika Murray-Theron\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Erika Murray-Theron","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47524621222051,"sku":"9781869191481","price":60.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781869191481_18839082-dc8a-4380-b53f-49c978db87ba.jpg?v=1776606058","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781869191481","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}