{"product_id":"9781869191627","title":"Wilhelmina: Kampkind op Java","description":"\u003cp\u003eWilhelmina: Kampkind op Java, is die merkwaardige ware verhaal van Will van Halewijn, haar moeder en twee jonger sussies tydens en net na die Tweede Wêreldoorlog.\u003cbr\u003eWeens die resessie in Nederland word Will se vader gedwing om as skeepsbouer in Roemenië te gaan werk. Toe die oorlog uitbreek, moet die gesin vlug en so beland hulle in Soerabaja op die eiland Java in Indonesië. Aanvanklik is hulle betreklik veilig, maar nadat Japan die eiland beset het, word die vrouens in konsentrasiekampe opgeneem. Hier beleef hulle bykans ondraaglike ellende, maar hier bewys die Nederlandse vroue ook van watter stoffasie hulle gemaak is. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie Van Halewijns oorleef die kampe en ook die Indonesiese burgeroorlog wat net na die oorlog uitbreek. Aanpassing na die oorlog is egter baie moeilik en die gesin emigreer uiteindelik na Suid-Afrika, waar Will haar ervarings aan die skryfster toevertrou het. En Mariël le Roux het daarvan 'n meesleurende verhaal gemaak: Die uiters moeilike omstandighede, die hartseer en ook die ligter oomblikke word in genoeg besonderhede geskets sodat 'n mens jou daarin kan inleef.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Mari%C3%ABl+le+Roux\" class=\"contributor-link\"\u003eMariël le Roux\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Mariël le Roux","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47523838492835,"sku":"9781869191627","price":80.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781869191627_94e0c407-9445-45d5-be72-84138c76b5d4.jpg?v=1776606122","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781869191627","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}