{"product_id":"9781869192525","title":"Prinsloo Versus","description":"\u003cp\u003eKoos Prinsloo, wat in 1994 in die ouderdom van 37 jaar oorlede is, kan met reg as 'n James Dean van die Afrikaanse letterkunde beskou word: 'n ikoniese figuur wat te vinnig, te gevaarlik geleef en te vroeg gesterf het. Byna drie dekades ná die verskyning van sy eerste bundel en vyftien jaar ná sy dood, eggo sy stem steeds oor die grense van sy tyd en oeuvre heen - en dis in hierdie weerklank wat die toneelstuk Prinsloo versus gestalte vind. \u003cbr\u003ePrinsloo versus is nie 'n elegie aan Koos nie, maar die postmoderne vergestalting van 'n persoonlike tragedie, uitgespeel op private en openbare; persoonlike en artistieke slagvelde. Dis 'n veelvlakkige collage oor 'n kunstenaar wie se lewe en werk kwalik met 'n suikerlagie bedek kon word; wat gerebelleer het teen 'n patriargale kultuur en 'n diep weersin in alle vorme van outoriteit getoon het. \u003cbr\u003eSoos 'n briefskrywer in die Burger van 24 Oktober 2003 op die eerste vertoning van die stuk gereageer het: 'Ek kon nie anders as om te dink dat Koos, waar hy ook al is, met 'n sardoniese glimlaggie sit en kyk na dié stuk nie.'\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOOR DIE OUTEUR\u003cbr\u003eAdriaan Meyer se Prinsloo Versus is by 2004 se Klein Karoo Nasionale Kunstefees met 'n Jong Kanna vir Beste Prestasie in Studenteteater bekroon. Hy het 'n honneursgraad in Drama van die Universiteit van Stellenbosch en het reeds meer as twaalf verhoogproduksies op sy kerfstok. \u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Adriaan+Meyer\" class=\"contributor-link\"\u003eAdriaan Meyer\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Adriaan Meyer","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375646851235,"sku":"9781869192525","price":195.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781869192525_9a0f1eda-ef3e-45bd-adcb-6d03fa885780.jpg?v=1776606452","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781869192525","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}