{"product_id":"9781869192914","title":"Versindaba 2009","description":"\u003cp\u003eDie bundel Versindaba 2009 verskyn by geleentheid van Versindaba 2009 (27–28 November 2000) in Stellenbosch en bestaan uit ’n keuse van gedigte van die digters wat aan hierdie geleentheid deelneem.\u003cbr\u003eVersindaba, wat vanjaar vir die vyfde keer aangebied word, is ’n feestelike geleentheid en die bloemlesing wat daarmee saam verskyn, bied graag iets van die plesier van die Afrikaanse poësie. Onder die bekende en geliefde Afrikaanse digters wat vanjaar in die bundel opgeneem is, is Breyten Breytenbach, Antjie Krog, Johann de Lange en die Namibiër Piet van Rooyen. Ander bydraers is digters van wie daar onlangs ’n bundel verskyn het, of van wie binnekort ’n bundel gaan verskyn, soos Gilbert Gibson, Daniel Hugo, Carina Stander en Cas Vos.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eSoos tevore, stel Versindaba 2009 ook ’n paar debutante se digkuns bekend, naamlik Lucie Möller, Johannes Prins, Jasper van Zyl en Jelleke Wierenga.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Marlise+Joubert+(Samesteller)\" class=\"contributor-link\"\u003eMarlise Joubert (Samesteller)\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Marlise Joubert (Samesteller)","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47379016319139,"sku":"9781869192914","price":30.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781869192914_477c8560-7bd4-4988-b340-130acc44d74a.jpg?v=1776606622","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781869192914","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}