{"product_id":"9781869193423","title":"Biografie van 'n bende - die storie van Fokofpolisiekar","description":"\u003cp\u003eFrancois, Hunter, Wynand, Jaco en Johnny is die vyf lede van Fokofpolisiekar. Sedert hul eerste optrede in 2003 het dié band dikwels die koerante gehaal: Musiekjoernaliste was opgewonde oor hulle klank, maar hul omstrede uitlatings het dikwels groter opslae gemaak\u003cbr\u003eMaar wie skuil agter die uitdagende naam?\u003cbr\u003eSommige lesers sal verbaas wees om te hoor dat die meeste van die lede in 'n charismatiese kerk bevriend geraak het, dat hulle 'n bemarkingsveldtog uitgedink het nog voordat hulle enige liedjies geskryf het en dat hulle eens op 'n tyd skaars sjampoe kon bekostig. In Biografie van 'n Bende kan nuuskieriges lees van Fokofpolisiekar se lewe in die huis wat hulle 'The Barracks of Rebellion' gedoop het, asook van die ander suksesvolle splintergroepe wat ontstaan het uit dié kerngroep.\u003cbr\u003eIn hierdie biografie word vertel hoe dié uiteenlopende individue boesemvriende geword het en die eerste suksesvolle Afrikaanse punkrockgroep gestig het deur bloed, sweet en 'n paar goeie sakebesluite. Dié boek is Fokofpolisiekar se eerste goedgekeurde biografie.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Annie+Klopper\" class=\"contributor-link\"\u003eAnnie Klopper\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Annie Klopper","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375651569827,"sku":"9781869193423","price":495.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781869193423_86203539-7288-4fce-9880-055f431e0d22.jpg?v=1776606855","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781869193423","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}