{"product_id":"9781869193805","title":"Die Otters se Koshuisstreke 2","description":"\u003cp\u003eBuks, Kassie en Litte - oftewel die Otters - is nou heeltemal tuis in graadgagt en in die koshuis van Hoërskool Volkstroom. Dit is nie net die Otters se aartsvyande, die Vuis, nie maar ook die onderwysers en die dorpsmense wat gou besef dat die Otters 'n groep is om mee rekening te hou. As hulle nie 'n foefieslaaid uit die koshuis bou nie, dan moker Buks vir hom 'n plek in die eerstekrieketspan oop. \u003cbr\u003eBuks is die een wat 'n slag het met die meisies, maar dit is Litte wat soos 'n wafferse held die skone Helene red van verdrinking. Toe die skool se fietse op grootskaal begin wegraak, is dit die Otters wat hulle lewens waag om die diewe te probeer vastrek. Die probleem is net: Dit is 'n geharde bende wat nie sal skroom om te kry wat hulle wil hê nie. Kan die Otters regtig hierdie hardebaard-boewe aanvat?\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Cor+Dirks\" class=\"contributor-link\"\u003eCor Dirks\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Cor Dirks","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375653666979,"sku":"9781869193805","price":180.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781869193805_09e681db-515d-43d9-9c24-5f14e16ea195.jpg?v=1776607021","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781869193805","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}