{"product_id":"9781869194611","title":"Die arkvaarders","description":"\u003cp\u003eRe Jana trek saam met haar pa en haar verlamde ma weg van die moerasse in Kanaan, want die water bly styg. Daar word vertel dat landin 'n reusagtige vaartuig gebou word en dat die boumeester nog werkers soek. Diep in die rotswoestyn is 'n groot bouwerf, en in die middel daarvan staan dít waaroor almal in Kanaan lag: die skip in die woestyn.\u003cbr\u003eDie arkbouers wat almal in net een god glo, verwag 'n groot onheil. Gaandeweg kom Re Jana agter watter rampspoed hulle gaan tref: die hele wêreld gaan oorstroom word. Daar is net plek op die ark vir die boumeester en sy familie. Gam, die jonste seun, beloof aan Re Jana 'n plek op die skip. Maar dan kom die slanke Neelata daar aan. Neelata is bestem om Gam se vrou te word ...\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie arkvaarders is 'n spannende en diepsinnige hervertelling van die bekende Bybelverhaal oor die sondvloed.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Anne+Provoost\" class=\"contributor-link\"\u003eAnne Provoost\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Anne Provoost","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47523877912739,"sku":"9781869194611","price":80.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781869194611_e1ffcf94-fb64-4eaf-9ea7-b1edaadf83cc.jpg?v=1776607375","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781869194611","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}