{"product_id":"9781869195465","title":"Kop op 'n blok","description":"\u003cp\u003e'Ek kan ook sommer dadelik my kop op 'n blok sit om almal te verseker dat daar net die mooi en edele dinge van die lewe hier gaan verskyn, anders as die dinge wat onse Steve Hofmeyr op sy blog kwytraak, want die enigste lelike woord wat ek ken, is ghwano - en nou dat ek dit gesê het, voel ek amper ek moet my mond met seepsoda gaan uitwas.'\u003cbr\u003eKop op 'n blok is 'n versameling blogs van die ewig jeugdige Philip de Vos. Dit is vlot geskryf en die humor (wat dikwels selfspot insluit) is werklik snaaks. Inderwaarheid vorm hierdie stukke 'n soort outobiografie van een van die mees geliefde skrywers in Afrikaans. Die bundel bevat ook anekdotiese sketse oor bekende figure uit die kunstewêreld, soos die sangeres Cecilia Wessels, die aktrise Anna Neethling-Pohl en die skrywers Freda Linde en Karel Schoeman.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Philip+de+Vos\" class=\"contributor-link\"\u003ePhilip de Vos\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Philip de Vos","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47523846652067,"sku":"9781869195465","price":70.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781869195465_aec3470b-d13a-432b-ba40-4ad893a8a993.jpg?v=1776607666","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781869195465","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}