{"product_id":"9781869197629","title":"Joran Noordewind","description":"\u003cp\u003eOp pad na die grootse skoenlapperbyeenkoms van sy lewe, word die jong bloutjie Joran na die Klipkoninkryk agter die waterval ontvoer - 'n gruwelike onderwêreld waar gewetenlose kewers die septer swaai, skoenlappers en motte soos slawe werk en 'n parmantige bloutjie óf gedwee diens doen as die Kewerkoningin se borsspeld, óf die gevaar loop om as muurbehangsel in die Saal van Duisend Skoenlappervlerke te eindig.\u003cbr\u003e \u003cbr\u003eMaar wat is die geheimsinnige 'Eksodus' waarvan agteraf gefluister word? Waarom die spesmaas dat daar méér as koudbloedige haat agter die koningin se ysige blik skuil? Is die Verskriklike Misdadiger werklik so verskriklik en kan 'n twee-gram bloutjie se vernuf 'n kewervolk van ondergang red?\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Lili+Thal\" class=\"contributor-link\"\u003eLili Thal\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Lili Thal","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47523879092387,"sku":"9781869197629","price":90.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781869197629_bdb9dbdd-62f9-4290-8f94-1a0aede6f08b.jpg?v=1776607951","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781869197629","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}