{"product_id":"9781869197643","title":"Teen die lig","description":"\u003cp\u003eHennie Aucamp is in eerste instansie bekend vir sy fyn afgeronde kortverhale, maar hy het ook 'n beduidende aantal lied- en kabarettekste en volwaardige digbundels op sy kerfstok. Teen die lig, die vierde digbundel wat by Protea verskyn, sluit aan by sy vroeë kortverhale wat oor sy jeugwêreld in die Stormberge handel. Aucamp noem die verse in die eerste afdeling 'Boerepsalms' en besing hierin sy voorsate, die werks- en feesdae op die plaas waar hy grootgeword het en uiteindelik ook die verval van die geliefde huis en werf. Die tweede afdeling bestaan uit liedsiklusse waarvan enkeles reeds getoonset en uitgevoer is. In die in die afdeling oor woestyne en halfwoestyne kom die Boesman weer ter sprake, maar ook Namas en Himbas, en bowenal die woestyn self. Die bundel sluit met verse oor die dood, weer eens in die volksidioom, met telkens flitse humor.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eTeen die lig staan in die teken van afskeid, maar afskeid-in-vreugde. \u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Hennie+Aucamp\" class=\"contributor-link\"\u003eHennie Aucamp\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Hennie Aucamp","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375729000611,"sku":"9781869197643","price":170.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781869197643_4ab6f3b9-413a-4681-9a47-1e0fb07bf428.jpg?v=1776607961","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781869197643","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}