{"product_id":"9781869198244","title":"Tirza","description":"\u003cp\u003eDaar was 'n tyd toe Jörgen Hofmeester alles gehad het: 'n vrou, 'n adres, 'n redakteurspos by 'n gesiene literêre uitgewery, twee talentvolle dogters, 'n stewige Switserse bankrekening en die satisfaksie van huurbaas speel oor 'n gedeelte van sy spogeiendom.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eTerwyl voorberei word vir die partytjie wat hy gereël het om sy oogappel-jongste, Tirza, se laaste skooldag te vier, leer die leser egter gaandeweg dat alles nie pluis is nie en dat Hofmeester eintlik verbete vasklou aan die laaste bietjie wat hy nog van sy skyngeluk oorhet. Eers het sy vrou hom vir 'n jonger minaar verlaat, toe is Ibi landuit agter 'n kêrel en 'n beroep aan wat Hofmeester teen die bors stuit - en toe stort die ekonomie in duie en hy verloor sy werk én sy neseier. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eMet Tirza as sy enigste oorblywende anker in 'n groeiende gespartel om sy identiteit te behou, is dit vir Hofmeester erg genoeg om 'n vriend soos Choukri in haar lewe te moet aanvaar. Maar dat die twee 'n wegbreekjaar na die Donker Kontinent beplan - sou enige pa opgewasse wees teen só 'n vonnis?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e'Die roman wat elke skrywer graag sou wou skryf.' (NRC Handelsblad)\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e'Grunberg se meesterwerk is meedoënloos, tragies en dikwels skreeusnaaks. Meesleurend van die begin tot by die mokerhou van 'n slotsin.' (De Tijd)\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e'... the story never falls flat, unraveling with humor and poignancy until the end.' (Publisher's Weekly)\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOOR DIE OUTEUR:\u003cbr\u003eArnon Grunberg (1971) is gebore in Amsterdam word wyd erken as een van die belangrikste Nederlandse skrywerstemme van die afgelope dekades. Hy woon en werk in New York, van waar hy as rubriekskrywer en joernalis gereelde bydraes tot die Nederlandse De Volkskrant en internasionale publikasies soos die New York Times, The Times of London en Bookforum lewer.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Arnon+Grunberg\" class=\"contributor-link\"\u003eArnon Grunberg\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Arnon Grunberg","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47523829186723,"sku":"9781869198244","price":90.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781869198244_19e807e3-8149-4657-b230-d99810b3fffc.jpg?v=1776608103","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781869198244","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}