{"product_id":"9781869198251","title":"Die hemel van Heivisj","description":"\u003cp\u003eNederland, 1938. Fing Boon se droom stort in duie. In plaas van verder studeer om onderwyseres te word, moet sy by die Sigaarkeiser gaan werk. As oppasser - of eerder 'betaalde vriendin' - vir die Sigaarkeiser se eienaardige niggie Liesl voel sy al hoe meer opstandig oor haar lot: vriendskap is tog nie iets wat 'n mens kan koop nie? Boonop kan haar sussies Muulke en Jes haar ontevredenheid glad nie kleinkry nie - wat hulle betref is Fing se bed tog te gerieflik opgemaak en is haar afsydigheid teenoor Liesl pure aanstellerigheid. Maar dan breek die Tweede Wêreldoorlog uit, en Liesl is in groot gevaar. Die enigste een wat haar kan help, is Fing. As die noodlot onafwendbaar lyk, kry Fing op 'n wonderbaarlike wyse hulp: nie van mense nie, maar van die mynperd Heivisj en van 'n stokou lindeboom. \u003cbr\u003eDie hemel van Heivisj is 'n vervolg op Nege Oop Arms, maar kan ook selfstandig gelees word.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Benny+Lindelauf\" class=\"contributor-link\"\u003eBenny Lindelauf\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Benny Lindelauf","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47523829055651,"sku":"9781869198251","price":80.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781869198251_1efd0400-005e-403a-bd0d-8201e127045d.jpg?v=1776608108","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781869198251","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}