{"product_id":"9781869199371","title":"Die Rebellie 1914-1915","description":"\u003cp\u003eHierdie herdruk van G.D. Scholtz se 1942-publikasie verskyn kort voor die 100-jarige herdenking van die Rebellie van 1914. In Scholtz se deeglike oorsig oor die Rebellie word gebruik gemaak van die indertydse regering se blouboeke wat onder andere die verslae van die Parlementêre en Regterlike Kommissies van Ondersoek na die oorsake van die Rebellie bevat het, asook die herinneringe van deelnemers aan die Rebellie en 'n Duitse bron oor die veldtog in die toenmalige Duits-Suidwes-Afrika. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eVolgens Scholtz moet die oorsake van die Rebellie herlei word na die Anglo-Boereoorlog en die meeste Afrikaners se ongemaklike verhouding met die Britse Ryk. Ná die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog is die kommandomagte opgekommandeer. Die regering van genl. Louis Botha het nie duidelik gemaak of slegs vrywilligers gebruik sou word om die Duitse gebied in te val nie, en baie burgers was onwillig om die Britse Ryk se oorlogspoging in Suidwes-Afrika te ondersteun. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eAandag word gegee aan die uitbreek en verloop van die gewapende opstand, die dood van genls. De la Rey en Beyers en genls. Maritz en Kemp se ondersteuning van Duitse troepe.  Die belangrikste gevolg van die Rebellie, wat 'n militêre mislukking was, was egter 'n herlewing van die republikeinse ideaal onder Afrikaners.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+G.D.+Scholtz\" class=\"contributor-link\"\u003eG.D. Scholtz\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"G.D. Scholtz","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47523879714979,"sku":"9781869199371","price":80.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781869199371_2ddb3a6f-eff4-4116-81ee-02aec1c497f3.jpg?v=1776608329","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781869199371","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}