{"product_id":"9781869199487","title":"Bo is dit stil","description":"\u003cp\u003eNetnou gaan ek melk. Môreoggend gaan ek weer melk. En die res van die week natuurlik ook, én volgende week. Maar dit is nie meer genoeg nie. Ek dink nie ek kan meer my kop onder die koeie insteek om op dié manier die dinge hul gang te laat gaan nie. Soos 'n idioot.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eSy hele lewe lank doen Helmer iets wat iemand anders moes doen. Toe sy tweelingbroer Henk op neëntien sterf, moet Helmer sy literatuurstudie in Amsterdam staak en saam met sy pa die plaaswerk doen. Ná sewe-en-dertig jaar is Helmer se pa sterwend. Helmer dra hom na die boonste verdieping van die plaashuis waar hy sy siekbed moet deurbring. Noudat sy pa nie meer bevele kan blaf nie, is dit Helmer se kans om wraak te neem. Of om homself te leer ken en te doen wat sy hart hom voorskryf.\u003cbr\u003eBo is dit stil is pragtig geskryf, ingetoë en helder, met tallose besonderhede oor die daaglikse boerelewe op die koue, nat Nederlandse platteland.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Gerbrand+Bakker\" class=\"contributor-link\"\u003eGerbrand Bakker\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Gerbrand Bakker","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47523879878819,"sku":"9781869199487","price":100.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781869199487_1c393f6a-afea-4782-ab20-09813cbe62f1.jpg?v=1776608383","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781869199487","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}