{"product_id":"9781869199517","title":"Plein en simpel: 'n Duiwestorie","description":"\u003cp\u003eHulle is so deel van enige stadsplein soos toeriste met kameras en statige standbeelde van volkshelde: duiwe in elke skakering van grys. Pretoria se Kerkplein is geen uitsondering - hoewel die duiwe wat elke oggend op Oom Paul se kop en skouers vergader, nie gewone kossoekers of verveelde sonbaaiers nie. Kerkplein se duifbevolking is 'n groep besorgdes wat bereid is om tot die laaste penveer vir Kerkplein as duiftuiste te veg. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eWanneer die prokureursfirma Plein \u0026amp; Simpel vorendag kom met planne om Kerkplein se historiese Wesfasade in 'n parkeerterrein te omskep, en daar terselfdertyd uit bewaringskringe stemme opklink dat duiwe-excreta die historiese geboue beskadig, word die Duiwerepubliek van alle kante bedreig. Skielik lyk indringer-mynas na die minste van hulle probleme - en moet die lede van KOER (Ken Ons Eie Roeping) kragte saamsnoer om die metroraad, die media en moderniseerders hok te slaan.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Marius+Ackermann\" class=\"contributor-link\"\u003eMarius Ackermann\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Marius Ackermann","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47523880337571,"sku":"9781869199517","price":80.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781869199517_13346484-6441-4efc-8638-128f79379a97.jpg?v=1776608393","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781869199517","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}