{"product_id":"9781869199531","title":"Soos familie: Stedelike huiswerkers in Suid-Afrikaanse tekste","description":"\u003cp\u003eVanweë hulle posisie in die kontakgebied tussen 'ras' en klas is huiswerkers perfek geposisioneer om die belangrikste tolke en vertalers in die Suid-Afrikaanse samelewing te wees; tussen ryk en arm, stad en platteland, werkgewers en werknemers. Dekades lank was huiswerkers die enigste swart en bruin mense wat wit stedelinge enigsins van naderby geken en in hulle huise toegelaat het - en op min plekke vind hierdie gegewe so sterk neerslag as in die Suid-Afrikaanse letterkunde. Ongeveer tien jaar ná die einde van apartheid het Ena Jansen na huiswerkers se spore in Suid-Afrikaanse stadsboeke begin soek.\u003cbr\u003eSoos familie:Stedelike huiswerkers in Suid-Afrikaanse tekste  gee via die letterkunde op boeiende wyse insig in die omstandighede van 'die bediende' as 'n sosiale en ekonomiese instelling wat so ver terugstrek as die eerste jare van die vestiging van die Kaap. Vanuit hierdie oogpunt gesien, is die indiensneming van bediendes en alles wat daarmee saamhang een van die oudste praktyke in die Suid-Afrikaanse geskiedenis, miskien selfs 'n historiese konstante wat alle ander veranderinge oorleef het.\u003cbr\u003eDie boek is 'n verkenning van die rol en betekenis van ongeveer 'n honderd huisbediendekarakters in stadsboeke uit 'n groot deel van die twintigste eeu en daarná - weliswaar teen die agtergrond van sosiologiese gegewens, maar veral ook met die voortdurende besef dat tekste die mag het om in te werk op die werklikheid.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Ena+Jansen\" class=\"contributor-link\"\u003eEna Jansen\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Ena Jansen","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375696789667,"sku":"9781869199531","price":375.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781869199531_90b00d7c-4e19-4db5-851a-4a9ae2f3564e.jpg?v=1776608398","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781869199531","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}