{"product_id":"9781869199685","title":"Die aandete","description":"\u003cp\u003eAan die ander kant van die lyn het my broer 'n diep sug gegee.\u003cbr\u003e\t'Ek dink jy weet waaroor dit gaan,' het hy gesê.\u003cbr\u003e\t'Weet Babette?' het ek toe maar gevra.\u003cbr\u003e\t'Ja. Daarom wil ek hê ons al vier moet by wees. Dit gaan ons al vier aan. Dis ons kinders.'\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eTwee broers en hulle vrouens gaan een aand eet in 'n deftige restaurant: Paul Lohman, mislukte onderwyser en sy slim vrou Claire, saam met Serge Lohman, kandidaat vir die premierskap in die opkomende verkiesing, en sy vrou Babette. Teen die agtergrond van die bediening van keurige geregte en tipiese restaurantpraatjies ontvou 'n ontstellende verhaal. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eReg van die begin van die roman af is die leser bewus van  onderliggende spanning. Paul, die verteller, kan sy broer duidelik nie verdra nie - Serge is immers suksesvol, aantreklik en beroemd - en aanvanklik lê die leser se simpatie dan ook by Paul. Maar gaandeweg word dit duidelik dat veel meer op die spel is as blote jaloesie tussen die broers. Soos een onthulling op die ander volg, word die leser gedwing om sy taksering van die vier volwassenes en hulle kinders aan te pas.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie aandete is 'n onoortreflike roman wat die vraag vra in hoeverre jy as ouer vir die dade van jou kind verantwoordelik is.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Herman+Koch\" class=\"contributor-link\"\u003eHerman Koch\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Herman Koch","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375788998819,"sku":"9781869199685","price":250.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781869199685_9a0f8f4b-d906-4d38-80a4-8d771bc371df.jpg?v=1776608432","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781869199685","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}