{"product_id":"9781869199791","title":"Maties en Afrikaans","description":"\u003cp\u003eSedert die totstandkoming van die Universiteit van Stellenbosch het 'n noue verband met Afrikaans bestaan. Die behoefte aan 'n tersiêre inrigting met Afrikaans\/Nederlands as voertaal was immers die vernaamste enkele rede vir die ontstaan van dié universiteit. In die 1990's het Afrikaans as voertaal by tersiêre instellings toenemend onder druk gekom, en Stellenbosch het nie die veranderende sienings en hewige debatte oor die rol van Afrikaans vrygespring nie. In 2002 het dié debat oor Afrikaans op Stellenbosch tot die openbare terrein toegetree toe Die Burger in 'n prominente voorbladberig  die US se Konvokasie se kritiek op die voorgestelde nuwe taalbeleid van die Universiteit  aangekondig het.   'n Komitee het aanbeveel dat US nie meer net 'n Afrikaanse universiteit moet wees nie maar 'n meertalige universiteit wat Afrikaans bevorder.   Die Konvokasie het die teenoorgestelde aanbeveel:   US moet 'n Afrikaanse universiteit wees wat meertaligheid bevorder.\u003cbr\u003eDié debat het spoedig uitgekring en verskillende bevolkingsgroepe oor die hele land betrek. Die taalhistorikus Jaap Steyn het daarna verwys as die vyfde groot taaldebat oor die plek en rol van Afrikaans.   (Die tweede van hierdie vyf debatte het ook op Stellenbosch afgespeel, in besonder tussen 1905 en 1918).   \u003cbr\u003eAan die hand van uitgebreide dokumentasie wat korrespondensie, e-posbriewe en koerantartikels insluit, teken die skrywer die verhaal van Afrikaans op Stellenbosch op en bespreek die taaldebat van verskillende kante en vra ook indringende vrae oor die manier waarop die taalkwessie in die toekoms hanteer behoort te word.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Pieter+Kapp\" class=\"contributor-link\"\u003ePieter Kapp\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Pieter Kapp","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47523880534179,"sku":"9781869199791","price":70.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781869199791_d32ad71f-28b3-4a12-8d18-7aa3c6a23cfb.jpg?v=1776608480","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781869199791","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}