{"product_id":"9781869199999","title":"Groep sonder grense","description":"\u003cp\u003eGroep sonder grense handel oor die rol wat die persone van gemengde Europese, Oosterse en Afrika-herkoms aan die Kaap van Goeie Hoop gespeel het gedurende die tydperk 1652-1795.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn hierdie studie word gekyk na die faktore wat die plek en status van 'n persoon van gemengde afkoms in die samelewing bepaal het. Aspekte wat bespreek word is o.a. slawerny en vryheid, fisiese afkoms, die rol van die kerk en ekonomiese welvaart.\u003cbr\u003eGroep sonder grense werp ook lig op die verskillende statusgroepe waarin gekleurdes hulle in die 17de en 18de eeue bevind het: slawe, vryswartes, vrygeborenes en burgers. Die proses waardeur nakomelinge van ingevoerde slawe en slavinne in die burgerlike bevolking opgeneem is, word uiteengesit.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHans Friedrich Heese was vanaf 1976 tot 1998 'n senior navorser verbonde aan die Instituut vir Historiese Navorsing van die Universiteit van Wes-Kaapland.\u003cbr\u003eDr. Heese het sy skoolopleiding aan die Hoërskool Uniondale ontvang en studeer aan die Universiteit van Stellenbosch waarna hy onderwys gee in Malawi, Noord-Kaap en Namibië. Hy verwerf 'n Ph.D. aan die Universiteit van Kaapstad in 1976 met sy verhandeling Die Afrikaners in Angola, 1880-1928. Hy is vanaf 1999 argivaris van die Universteit van Stellenbosch.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+H.F.+Heese\" class=\"contributor-link\"\u003eH.F. Heese\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"H.F. Heese","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375788179619,"sku":"9781869199999","price":170.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781869199999_d709d949-b71b-4444-bd30-432ac74e9baf.jpg?v=1776608520","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781869199999","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}