{"product_id":"9781919728759","title":"Siener van Rensburg Boodskapper van God","description":"\u003cp\u003eDie publikasie van Boodskapper van God 20 jaar gelede was nie net die eerste volledige biografie van die bekende Boereprofeet (Siener van Rensburg) nie, maar ook 'n versameling van al sy beskikbare gesigte in een band.  Sedertdien het die visioene van Siener van Rensburg sy volksgenote geroep, gelei en gedra deur 'n baie moeilike tyd in ons geskiedenis.  Maar nou staan hulle daar waar hy gesê het 'dit sal so donker wees dat ek nie my hand voor my oë kan sien nie.'  \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eGebeure wat hy in sy visioene gesien het, word nou eers bewaarheid,  soos die instroming van swartes uit Afrika hierheen en na Europa;  'n konflik wat al 'n jaar lank in Rusland woed en in 'n burgeroorlog kan ontwikkel;  die verslegting van die wêreldekonomiese toestand; aanhoudende kragonderbrekings in Suid-Afrika;  munisipaliteite wat al byna almal bankrot is;  droogtes en hongersnood wat voorlê;  onteiening van grond;  die media wat ons in die duister hou oor belangrike plaaslike en wêreldgebeure; stakings;  Siener se woorde 'kyk na die parlement, want daar gaan ons dinge begin,' en laastens sy profesie dat \"niks in die kerk meer reg sal wees nie.\"\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eSy visioene staan in die lig van die volle waarheid, dis 'n openbaring van verborge skakeringe van volkslyding, smart, vernedering, verraad, sonde, maar uiteindelik 'n godsvreugde van genade en vryheid wanneer 'n grootse wonderwerk gebeur.  \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eCharles Fryer, skryf in Insig van Junie 1993:  \"Dis die onvergeetlike verhaal van een van die merkwaardigste persoonlikhede in ons geskiedenis.  'n Boek wat die Boereprofeet teruggee aan sy volk.\"\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Adriaan+Snyman\" class=\"contributor-link\"\u003eAdriaan Snyman\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Adriaan Snyman","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375666774179,"sku":"9781919728759","price":450.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781919728759_de059535-4cba-4ffa-ac19-7a096672fb5c.jpg?v=1776610767","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781919728759","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}