{"product_id":"9781920217426","title":"Benut ons Inheemse Bome","description":"\u003cp\u003e(Derde Hersiene Uitgawe)\u003cbr\u003eBenut ons Inheemse Bome is waarskynlik die nuttigste en mees praktiese boek wat oor die onderwerp in Suid-Afrika gepubliseer is. Dit is gebaseer op n reeks artikels wat oor n periode van twee jaar in die tydskrif Farmers Weekly verskyn het. Honderde versoeke van lesers dat die inligting in boekvorm beskikbaar gestel moet word, het tot hierdie publikasie gelei. n Volledige spesiebeskrywing, kenmerke waaraan die boom uitgeken kan word, blom- en dratye, natuurlike verspreiding en habitat. Die ekologiese rol en benutting deur soogdiere, voëls en insekte. Ekonomiese waarde en gebruik deur die mens in tuine, op plase en elders as n bron van voedsel, vesel en medikasie. Eienskappe van die hout en die benutting daarvan deur die mens. Duidelike riglyne oor die ent en kweek van elke boomsoort. n Kaart wat die natuurlike verspreiding van elke boomsoort in Suid-Afrika, Swaziland en Lesotho aandui. Meer as 750 volkleur fotos wat met sorg uitgesoek is om die teks te komplimenteer en te illustreer. Die boek bevat ook n inleidende afdeling oor die kweek van bome deur saad, steggies en stamsteggies; n tabel wat boombenutting deur diere, voëls en insekte saamvat; bronverwysings; en n indeks van algemene en botaniese name.Hierdie waardevolle werk behoort op die boekrak van elke tuinier, boer, natuurliefhebber, boomkweker, bosbouer en natuurbewaarder trouens enigeen met n liefde en waardering vir bome.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Fanie+Venter\" class=\"contributor-link\"\u003eFanie Venter\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Fanie Venter","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375435104419,"sku":"9781920217426","price":470.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781920217426_8bd4b334-df47-4670-b9d2-fc18a581a3e5.jpg?v=1776612240","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781920217426","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}