{"product_id":"9781920289850","title":"Suikervry - Agt Weke na vryheid van suiker- en koolhidraatverslawing","description":"\u003cp\u003eIS jy 'n suikerverslaafde? Smag jy na soetgoed, brood, pasta en souserige kos? Ervaar jy lusteloosheid en gemoedskommelings omdat jou bloedglukose die hoogte inskiet en dan weer skerp daal? Ry jou gewig buite beheer wipplank? As jy ja antwoord op enige van hierdie vrae, kan jou gesondheid 'n tikkende tydbom wees.\u003cbr\u003eWaar vet voorheen die vyand was, wys wetenskaplikes ons nou daarop dat die groot hoeveelhede suiker wat ons inneem ons ongesond maak.\u003cbr\u003eSuikervry is propvol wetenskaplike navorsing en voedingsadvies om jou te help om suiker- en koolhidraatverslawing te verstaan. Dit bevat weeklikse maaltydplanne en resepte wat deur 'n dieetkundige goedgekeur is, en sluit opsies vir vegetariërs in, asook dagboekoefeninge om jou te help om die denkpatrone, en die fisieke en emosionele kettings van ou eetpatrone te breek.\u003cbr\u003eJy hou die antwoord op 'n volhoubare suikervrye lewenstyl in jou eie hande. Met hierdie eenvoudige en doeltreffende agtweekprogram om suiker uit te sny, kan jy en jou gesin die gesondheidsvoordele van verhoogde energievlakke en gewigsverlies geniet.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eKaren Thomson is die stigter van die Harmony Eet- \u0026amp; Leefstyl-program (HELP) helpdiet.co.za, die wêreld se eerste program vir binnepasiënte wat koolhidrate en suiker as 'n verslawing\u003cbr\u003ebehandel. Sy het die program saam met professor Tim Noakes, dieet-kundige, Rael Koping en die Harmonyverslawingskliniek begin. Sy het ook 'n aanlynprogram, 'The Sugar Free Revolution'.\u003cbr\u003eKerry Hammerton is 'n lewenstyl- en gesondheidsafrigter. Sy is die skrywer van twee poësiebundels, These Are The Lies I Told You en The Weather Report. Kerry het 'n lisensiaat in akupunktuur en is 'n geregistreerde Dokter van Chinese Medisyne en Akupunktuur in Suid-Afrika.\u003cbr\u003eTamzyn Campbell is 'n geregistreerde dieetkundige, met 'n BSc-graad in Menslike Lewens-wetenskappe van die Universiteit van Stellenbosch, en 'n BSc Med (Hons) Human Nutrition and\u003cbr\u003eDietetics van die Universiteit van Kaapstad. Sy is die voedings-redakteur en -skrywer by die tydskrif, Health Intelligence. Tamzyn lewer gereeld bydraes tot verskeie publikasies, staan\u003cbr\u003eonderhoude op radio en televisie toe en is betrokke by onderwys en opleiding\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Karen+Thomson\" class=\"contributor-link\"\u003eKaren Thomson\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Kerry+Hammerton\" class=\"contributor-link\"\u003eKerry Hammerton\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Tamzyn+Campbell\" class=\"contributor-link\"\u003eTamzyn Campbell\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Karen Thomson ,Kerry Hammerton,Tamzyn Campbell","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375424159907,"sku":"9781920289850","price":250.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781920289850_995bc313-91f4-4dfe-be2e-99b8fce08fd8.jpg?v=1776612578","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781920289850","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}