{"product_id":"9781920335847","title":"Vertel da' vir my 'n storie van Namakwaland","description":"\u003cp\u003eIn 'n afgeleë dorpie aan die voet van die Kamiesberg, doer in Namakwaland, weet almal min of meer van almal. Plaasmense en dorpenaars is gereeld met mekaar in aanraking en saans op die stoepe word daar lang stories vertel.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOor veldmense soos oom Vlerkie; oorbegeesterde predikers, towenaars, kragmanne en cowboys; oom Addie-kraai se verblyf by sy ondankbare kinders; Wagter, wat mos universiteit toe is; Kerneels-beursiebek, sterk soos 'n reus, maar met die gees van 'n kind; Gert-waarheid en dié se nuwerwetse siekte; Niklaas en die duiwel; oom Korte en die bobbejaan; Koos-kordaat en Sarel-uintjie en 'n vreemde orakelding in 'n kas; Anna-twaalftoon; Rooi Gys Aggenbach; Siena-swaaihaak; tant Huibrecht-Gert ... Goeie mense, gelowig, sout van die aarde.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eLank voor TV, toe koerante oud was en die platteland nog net kortgolfradio gehad het wat kraak, kwetter en suis, was nuus meestal op\u003cbr\u003ehoorsê aangewys en die stories van baasvertellers só met karakters vervleg: Vertel jy van die een, dan dwaal jy op die ander.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Jan+Coetzee+van+Wyk\" class=\"contributor-link\"\u003eJan Coetzee van Wyk\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Jan Coetzee van Wyk","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47378311479459,"sku":"9781920335847","price":240.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781920335847_f158e2ff-90de-4f25-aca5-d1569f88d0c3.jpg?v=1776612800","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781920335847","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}