{"product_id":"9781920335854","title":"Emigrant Immigrant","description":"\u003cp\u003eEmigrasie is eers 'n sterfproses en dan 'n geboorte. \u003cbr\u003eIn die vroeë 1990's emigreer Andries en Joannie Wasserman met hulle twee kinders uit Suid-Afrika na Toronto, Kanada. Hulle is onvoorbereid op hoe traumaties dit is wanneer jou hede en verlede duisende kilometer uitmekaar lê. Deur fragmente wat uit verskillende gesinslede se perspektief aangebied word, bied William Lottering die leser 'n blik op die intense, kulturele vervreemding en verlies aan identiteit wat so 'n verplanting meebring. \u003cbr\u003eMet die ergste van die aanpassing agter die rug, moet Andries en Joannie erken dat hulle verhouding onherroeplik skade gely het. Terwyl hulle nog die pynlike skeiding verwerk en steeds wroeg oor die problematiek van die land wat hulle verlaat het, dompel die verdwyning van hulle twaalfjarige dogter die Wassermans in 'n nuwe krisis. \u003cbr\u003eNou bly die vraag: Was dit alles die moeite werd?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e“ 'n Ontroerende ontginning van emigrasie as 'n universele tema aan die hand van een gesin se intieme ervaring daarvan. 'n Eerlike, genuanseerde hantering van 'n eietydse kwessie.” - Dr Piet Muller, toekomskundige en skrywer asook voormalige kunsstudent van Willi Lottering\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eWilliam Lottering woon in Toronto, Kanada. In Suid‑Afrika was Lottering 'n Afrikaanse radio-omroeper, regisseur, TV-aanbieder en kunslektor. Hy skryf ook radiodramas, jeugvervolgreekse en ander tekste. Lottering was 'n kuns­resensent vir die tydskrif Insig. In sy Kanadese lewe is hy 'n beeldende­kunste-instrukteur en -konsultant, openbare spreker en kunstenaar. Sy loopbaan as radiopersoonlikheid, kunstenaar, lektor, in­strukteur en skrywer is wyd en omvattend.\u003cbr\u003eLottering ontwikkel sy skryftemas as 'n onthulling van argeologiese of historiese lae, wat nie noodwendig in chronologiese volgorde afspeel nie. Hierdie werk is 'n konsentriese ontwikkeling van leidrade wat 'n uiteindelike geheel vorm.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+William+Lottering\" class=\"contributor-link\"\u003eWilliam Lottering\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"William Lottering","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47378325471395,"sku":"9781920335854","price":290.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781920335854_0b305d50-3951-4b67-9fe8-9ff7f6924f30.jpg?v=1776612807","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781920335854","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}