{"product_id":"9781920479879","title":"Water-verf-kuns","description":"\u003cp\u003eDie projekte toon hoe verskeie watermediums op bekende dog onkonvensionele maniere gebruik kan word.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHierdie boek neem jou verby die tradisionele voorkoms van ligte, sagte en bykans deurskynende waterverfwerk. Leer hoe om ryk, lewendige beelde te skep nie net met waterverf op papier nie, maar ook met ander mediums en materiaal. Jy behou die waterige gevoel, maar versterk en verbreed die moontlike tekstureringseffek.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie projekte toon hoe verskeie watermediums op bekende dog onkonvensionele maniere gebruik kan word. Verf, ink, kleurpotlode en lapkleursel vorm die kleurkomponent, terwyl tekstuurmediums deel van die repertoire uitmaak. Heelwat projekte is op waterverfpapier, maar skilderdoek, karton en velyn of natrekpapier kom ook voor. Daar is baie eenvoudige gestruktureerde tegnieke wat stap-vir-stap gevolg kan word om 'n baie soortgelyke voorkoms te skep vir handwerkprojekte. Maar lesers word ook aangemoedig om met meer spontane en minder gekontroleerde tegnieke (ook stapsgewys geïllustreer) hulle eie skeppende weg te volg en avontuurlustig te wees, risiko's te loop en met hulle gelukkige 'ongelukke' te werk.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eMinder suksesvolle werk kan op baie verskillende maniere ingespan word en die boek bevat idees oor hoe sulke werk met nuwe kunswerk geïnkorporeer kan word. Water-(verf-)kuns is propvol wonderlike idees vir kunstenaars en handwerkers en selfs groentjies sal wil saamspeel en eksperimenteer.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Monique+Day-Wilde\" class=\"contributor-link\"\u003eMonique Day-Wilde\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Monique Day-Wilde","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47523985522851,"sku":"9781920479879","price":99.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781920479879_9212d21a-fa84-4f34-8b29-e3c58e4302df.jpg?v=1776613721","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781920479879","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}