{"product_id":"9781920479893","title":"Loodglaskuns","description":"\u003cp\u003eHierdie ryklik geïllustreerde boek oor loodglas dek alles wat jy moet weet om hierdie eeue oue handwerkvorm te beoefen. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie inleiding beskryf al die materiale en toerusting, die soorte glas en veiligheidsmaatreëls, en word gevolg deur stap-vir-stap-tegnieke en wenke oor die natrek en uitsny van patrone, slyp- en foeliewerk, hoe om die stukke saam te stel, soldeerwerk, vertinning en die aanwending van patina. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie wye reeks projekte - in tradisionele en kontemporêre style - sluit lampkappe, kershouers, bewertjies, rame, muurhorlosies, spieëls en nog vele meer in. Die eerste paar projekte word geïllustreer met gedetailleerde stap-vir-stap-fotoís om die grondslag neer te lê vir die daaropvolgende projekte waarin meer spesifieke besonderhede uitgelig word. Al die items in die boek - hetsy dit eenvoudig of meer uitdagend is - beeld die wonderlike verskeidenheid glas wat deesdae beskikbaar is pragtig uit.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eMet die puik kleurfoto's van al die voltooide items, tegniese wenke regdeur die boek, foto's uit die studio met uitgebreide byskrifte vir ekstra inspirasie, en patrone vir die projekte is hierdie boek ín móét vir elke handwerker.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Gail+Brown\" class=\"contributor-link\"\u003eGail Brown\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Jacqui+Holmes\" class=\"contributor-link\"\u003eJacqui Holmes\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Gail Brown,Jacqui Holmes","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47523823288483,"sku":"9781920479893","price":99.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781920479893_6e45f6d9-193a-4d2d-acff-7054e8a5e4a0.jpg?v=1776613735","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781920479893","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}