{"product_id":"9781920479930","title":"Knope, vilt \u0026 krale","description":"\u003cp\u003e50 oorspronklike projekte met maklike aanwysings en duidelik foto's demonstreer hoe om juwele en bykomomstighede te maak \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eBeginnersoefeninge wys jou die basiese knoopryg-teknieke, een-voudige steke, hoe om vasstrykstof vir lae te gebruik en selfs hoe om te hekel. Wanneer jy hierdie tegnieke baasgeraak het, kan jou ontwerpe so eenvoudig of ingewikkeld wees as wat jy hulle wil maak - en jy het geen spesiale vaardighede of toerusting nodig nie. Die basiese tegnieke word gevolg deur 'n groot versameling pragtige projekte wat by die meeste handwerkers groot byval sal vind.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie projekte wissel van funky, bonkige krale en bykomstighede vir kinders tot lieflike, delikate bykomstighede en prettige dekoritems vir jouself en jou huis. Daar is maklike aanwysings vir beginners, terwyl daar vir meer gevorderde handwerkers hope inspirasie is om hulle persoonlike stempel op die projekte af te druk.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eUitmuntende kleurfoto's van al die voltooide projekte hou hulle eie bekoring en inspirasie in, en patrone van al die ontwerpe wat in die boek gebruik is, maak dit maklik om dié inspirasie in pragtige geskenke of unieke items vir eie gebruik vas te vang.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Michelle+Felder\" class=\"contributor-link\"\u003eMichelle Felder\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Michelle Felder","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47523823255715,"sku":"9781920479930","price":99.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781920479930_391678f8-b596-4d66-8b51-40b6c95b49d4.jpg?v=1776613746","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781920479930","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}