{"product_id":"9781920593193","title":"Kom Speel en Leer Bybel","description":"\u003cp\u003eHierdie unieke interaktiewe kleurvol geïllustreerde storieboek Bybel wil met die hulp van twee kinderkarakters, Sammy en Amy, kinders tussen die ouderdom 7-  10 jaar help om 'binne in die Bybel te klim' asof hulle self daar saam met die  Bybelkarakters is. Op hierdie verbeeldingryke manier sal kinders ontdek  hoe relevant die Bybel vandag nog vir hulle lewens is, hoe sinvol geloof is én hoe  wonderlik dit is om 'n kind van God te wees.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie konsep vir hierdie Bybel is gebaseer op die volgende:\u003cbr\u003e 1. Kinders tussen die ouderdomme van 7 en 10 jaar leer die beste deur doen.  Alle kinders leer die beste deur te speel.\u003cbr\u003e 2. Kinders leer op verskillende maniere - volgens hulle temperament tipe.\u003cbr\u003e 3. Kinders leer deur positiewe toepassing en herhaling.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eAktiwiteite in Kom Speel \u0026amp; Leer Bybel:\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eSoek en Leer\u003cbr\u003e Vind die Bybel Daar is 'n Bybel wat in elke Bybelverhaal se  illustrasie versteek is. Daar is ook 'n tema wat die Bybelse beginsel in die storie\u003cbr\u003e beklemtoon. Die illustrasies is so geskep dat dit die kind ure se pret en plesier verskaf soos hulle elke keer nuwe details raaksien.\u003cbr\u003eOnthou die Bybel storie\u003cbr\u003e Hierdie aktiwiteit help die kind om dit wat hulle gelees het in die Bybelstorie te  verwoord. Dit help hulle ook om die emosies van diegene in die Bybelstorie uit te  druk. Dit beklemtoon weereens die Bybelse beginsel d.m.v. die storie oorgedra  wil word aan die kind.\u003cbr\u003eGebed\u003cbr\u003e Daar is 'n gebed wat die kind bid. Dit help hulle om te verbind met God en met God te praat oor wat hulle ontdek en geleer het uit die Bybelstorie.\u003cbr\u003ePret aktiwiteite\u003cbr\u003e Laastens is daar 'n paar pret aktiwiteite. Dit is alles daarop ingestel om die  Bybelse beginsel te versterk. Die kind word aangemoedig om met ander te deel  wat hulle geleer het. Die hoofdoel is om uiteindelik om die kind nader aan God te lei.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Ewald+van+Rensburg\" class=\"contributor-link\"\u003eEwald van Rensburg\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eIllustrator\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Illustrator+Magriet+Brink\" class=\"contributor-link\"\u003eMagriet Brink\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Ewald van Rensburg","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375814262947,"sku":"9781920593193","price":149.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781920593193_366db32e-7e57-44ae-b486-dc25c2460f5a.jpg?v=1776614214","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781920593193","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}