{"product_id":"9781920601249","title":"Dwelmslagoffer","description":"\u003cp\u003eDie 21-jarige Vanessa Goosen, ŉ finalis in die Mej. S.A.-kompetisie en op die drumpel van ŉ groot deurbraak in haar model-loopbaan, word vasgevang in enige reisiger se ergste nagmerrie. Sy word mislei om boeke waarin 1.7 kilogram heroïen versteek is, vir iemand uit Thailand saam te bring, maar word gearresteer vir dwelmhandel.\u003cbr\u003eDie Thaise owerhede steur hulle min aan haar pleidooie van onskuld, en lê haar die doodsvonnis op. Na appèl word dit verminder na lewenslange tronkstraf in Bangkok se berugte Lard Yao.  \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eSwanger, vreesbevange, desperaat en alleen begin Goosen se reis van sestien jaar agter tralies. Drie jaar later word sy gedwing om afskeid te neem van haar geliefde dogtertjie. Goosen se verhaal vertel van die vreugde en verlies van moederskap in aanhouding, depressie weens langtermyn-aanhouding en die gedwonge skeiding van geliefdes, en haar terugkeer in 2010 na 'n Suid-Afrika wat sy byna nie herken nie.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Joanne+Joseph\" class=\"contributor-link\"\u003eJoanne Joseph\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Vanessa+Goosen\" class=\"contributor-link\"\u003eVanessa Goosen\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Joanne Joseph,Vanessa Goosen","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376681533603,"sku":"9781920601249","price":225.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781920601249_394c7e8b-3c87-41e4-9ca3-72d65b1ad043.jpg?v=1776614315","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781920601249","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}