{"product_id":"9781920654603","title":"Wie is ek?","description":"\u003cp\u003eVir eeue worstel die mens al met die vraag: 'Wie is ek?' In hierdie boek van Louis Awerbuck en Lise Swart word jy as leser op 'n verkenningstog van jouself, jou persoonlikheid en jou menswees geneem. Die doel van hierdie boek, wat gebaseer is op Louis en Lise se RSG-radioprogram - Wie is ek? - met Louis en Lise, is om mense met kennis te bemagtig sodat hulle hulself en ander beter sal kan verstaan. Die drie afdelings van die boek - 'Wie is ek?', 'Waarmee sukkel ek?' en 'Wat nou?' is so gerangskik dat die leser stap-vir-stap self-ondersoek kan doen. Daar is vraelyste wat onder andere jou voorkeure en persoonlikheid toets, maar jou ook kan help om te bepaal of jy byvoorbeeld aan depressie ly.\u003cbr\u003e \u003cbr\u003eAlhoewel hierdie boek nie as 'n plaasvervanger vir professionele psigoterapie dien nie, kan dit jou help om insig tot jou eie menswees en die mense om jou te kry. Die antieke Grieke het dit nie verniet gesê nie: 'Ken jouself.'\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Louis+Awerbuck\" class=\"contributor-link\"\u003eLouis Awerbuck\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Lise+Swart\" class=\"contributor-link\"\u003eLise Swart\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Louis Awerbuck,Lise Swart","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375809314979,"sku":"9781920654603","price":109.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781920654603_ee4940ae-16c8-43cd-8562-4bfdd38d11a9.jpg?v=1776614509","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781920654603","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}