{"product_id":"9781920654702","title":"Rooiplaas!","description":"\u003cp\u003eWêreldwyd is valskermsoldate van die room van enige weermag. Dit is ook waar van Suid-Afrika se 1 Valskermbataljon. Die bekende maroen baret en die vleuels met die valskerm op die bors van hierdie soldate, het aan hulle 'n onderskeibare identiteit en status verleen.\u003cbr\u003eDie eerste Suid-Afrikaanse valskermsoldate is in 1960 in Brittanje opgelei. Daarna is die eerste valskermeenheid in die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse Weermag in die lewe geroep.\u003cbr\u003eRooiplaas in Bloemfontein sou 'n deurslaggewende rol in die opleiding van valskermsoldate en valskermpakkers vir die Weermag speel.\u003cbr\u003eRooiplaas se valskermsoldate - parabats in die volksmond - het 'n beduidende rol in die 23-jarige Grensoorlog gespeel. 1 Valskermbataljon het in alle operasionele gebiede en tipe operasies van die SAW deelgeneem. Die soldate van hierdie spogeenheid was by 'n paar geleenthede die eerste Suid-Afrikaanse soldate op die toneel of die soldate wat die operasie uitgevoer het.\u003cbr\u003eRooiplaas! is die kroniek van die ontstaan en ontwikkeling van hierdie trotse eenheid van die SAW. Dit vertel van die sweet en trots - en onvermydelik die bloed - van 'n gevegseenheid wat 'n uitsonderlike plek in die jongste militêre geskiedenis van Suid-Afrika inneem. \u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Ronnie+Claassen\" class=\"contributor-link\"\u003eRonnie Claassen\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Renier+du+Toit\" class=\"contributor-link\"\u003eRenier du Toit\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Ronnie Claassen,Renier du Toit","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375512567971,"sku":"9781920654702","price":255.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781920654702_6a422890-0066-4928-a5eb-7b0e87a62a92.jpg?v=1776614513","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781920654702","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}