{"product_id":"9781928209454","title":"Die storie van 'n huis","description":"\u003cp\u003eIn die kombuis van La Creuzette\u003cbr\u003eIs 'n kosbare tafel\u003cbr\u003eMet twee bankies waarop vyftien kinders gaan sit\u003cbr\u003eDis so oud soos die datum in die ruite\u003cbr\u003eDie menu bied vier of vyf forelle\u003cbr\u003e'n smaaklike aartappeltert\u003cbr\u003eEn 'n fyn gebakte swartbessietert\u003cbr\u003e- Gedig deur die gravin Renaud Saint Gal de Pons se kleinkind Beatrice\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eNa 15 jaar is die imposante Chateau de la Creuzette in haar volle glorie gerestoureer. Sy sit in haar skaduryke park omring deur eeu oue bome waar sy afwagtende besoekers steeds met oop arms ontvang.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie suksesvolle Feestelike Frankryk het Fransgesinde lesers gaande gehad met stories en smaaklike resepte uit die Franse platteland. Uit La Creuzette se nuwe somerkombuis vloei daar nou 'n magdom kulinêre heerlikhede wat elke kosliefhebber se mond sal laat water. \u003cbr\u003eBuiten die bykans 90 nuwe resepte wat die skrywers in vyf seisoene verdeel (ja vyf!) is daar 'n Kroekboek bygevoeg waarin die twee gashere hul maklike kortpadresepte en wenke met lesers deel - hoe om in die kombuis te kul en te konkel as die kalf in die put is. Hier word elke maaltyd 'n feesmaal.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDek 'n mooi tafel en skink in kristal. Die storie van 'n Huis is dus nie slegs twee kookboeke in een nie, maar dis ook 'n ryklik versierde leesboek wat die verhaal en die geskiedenis van 'n herehuis en sy mense kleurvol naloop. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eKom binne, die deure staan oop ...\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Louis+Jansen+van+Vuuren\" class=\"contributor-link\"\u003eLouis Jansen van Vuuren\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Hardy+Olivier\" class=\"contributor-link\"\u003eHardy Olivier\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Louis Jansen van Vuuren,Hardy Olivier","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375695347875,"sku":"9781928209454","price":485.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781928209454_9e64a436-0f25-408b-aee4-4da78360b734.jpg?v=1776615560","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781928209454","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}