{"product_id":"9781928283379","title":"Los gedagtes","description":"\u003cp\u003eMet die deurlees van Jeanne Goosen se notaboeke, dagboeke, flardes en uitknipsels verskyn 'n verrassing! Die skrywer het deurentyd los gedagtes neergepen - nie net 'n paar nie, maar honderde gedagtes, te kosbaar om verlore te gaan: sêgoed, insigte, waarnemings, aforismes, mymerings . . . alles dáár, om oplaas in boekvorm met haar lesers gedeel te word.\u003cbr\u003eDie aantekeninge weerspieël die merkwaardige intellektuele aktiwiteit van 'n denker-kunstenaar. Sy bemoei haar intens met letterkundige, filosofiese, politiese, wetenskaplike, sielkundige insae en bevindings wat sy soms ernstig, soms satiries en soms ook kru verwoord.\u003cbr\u003eDie versameling is spesifiek nie volgens onderwerp geklassifiseer nie, maar lukraak soos die losstaande aantekeninge opeenvolgend gevind is. Daar is ook nie geredigeer om taalgebruik te verbeter nie. Jeanne Goosen praat hier in haar eie, unieke stem.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eVoorbeelde:\u003cbr\u003eFeite steur hulle nie aan sielkunde nie.\u003cbr\u003eEk moet probeer om nuwe foute te maak.\u003cbr\u003eDate rape. Dit klink soos 'n nagereg.\u003cbr\u003eJy kan nie 'n held wees met R100 'n maand vir groceries nie.\u003cbr\u003e'n Jakkals is 'n wolf wat blomme stuur. \u003cbr\u003eAs julle trou, word julle een. Watter een?\u003cbr\u003eMoenie steel nie, die regering hou nie van kompetisie nie. \u003cbr\u003eMoet nooit 'n geskenk aanvaar wat eet nie.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Jeanne+Goosen\" class=\"contributor-link\"\u003eJeanne Goosen\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Jeanne Goosen","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377349968035,"sku":"9781928283379","price":120.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781928283379_6a33fa93-47ed-486f-a561-02f2f5442f10.jpg?v=1776616147","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781928283379","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}